Port Natal Skool 70 Jarige fees Gholfdag Vrydag 3 Junie 2011

Golf dag – Vrydag – 3 Junie 2011
Amanzimtoti Golf Klub – Portiesfees Golfdag - 4-bal
Spanne kan uit jaargroepe saamgestel word – maar dit is u keuse.

Ons kan slegs 20 spanne laat deelneem.

Ons moet minstens 13 spanne hê om dit haalbaar te maak, daarom versoek ons dat die kranige golfspelers om spanne bymekaar te kry. Indien ons nie genoeg spanne kry nie, gaan ons die golf dag kanselleer. U sal verstaan dat ‘n golfdag/kompetisie heelwat beplanning en onkostes verg. Indien u reeds betaal het, sal ons die geld aan u terugbetaal.

Koste: R1200.00 per 4-bal
Sluit verversings in op die baan, asook ligte verversings tydens die prysuitdeling na afloop van die dag. Kontantkroeg beskikbaar.

Eerste afslaan: 08h30

U kan self ‘n Golf karretjie vooraf bespreek Indien u wil speel maar nie 4 mense het vir die 4-bal nie, kan u vir ons u naam, van en kontak nommers deurgee, en ons sal probeer om u in ‘n span te kry.
Onthou dat die formele geleentheid die aand (3 Junie 2011) om 19h00 begin in die skool se saal – ons sal u graag ook daar wil sien.