Oud-porties Webtuiste is terug

Na 'n probleem met ons server se DNS, Is ons nou terug, op 'n nuwe address van www.oud-porties.co.za.

Die ou address sal binnekort herstel word, maar hierdie is nou ons hoof address.

Groetnis

Die Oud-porties Webtuiste
Info@oud-porties.co.za

'88 Matrieks Hou Reunie op die Maat van die Kolligfees!

Hier is die planne vir die 1988 Port Natal se 20 jaar reunie!

Wat:

Deur jou kontakinligting optedateer kan jou maats jou kontak en 'n informele bymekaar kom geleentheid reël gedurende die 2008 Kolligfees!

Vir die georganiseerde funksie gaan ons inskakel by die skool se jaarlikse reuniedag wat plaasvind in 'n groot markiestent op die rugbyveld gedurende die Saterdagoggend van die Kolligfees.

Wanneer:

Die 2008 Kolligfees vind plaas vanaf 20 to 23 Augustus. Die reunieoggend vind dan plaas op Saterdag, 23 Augustus 2008.

Waar:

'97 Reunie

Aan al die '97 Matrikulante

Ons hoop dat julle dit geniet het om weer jul Alma Mater te besoek en dat jul geinspireer en opnuut weer voel dat jul jare by Port Natal iets vir julle beteken het!

Dankie vir julle aandeel in die skool se tradisies en herinneringe.
Die Portie Admin

Oud-Porties hou makietie tydens Kolligfees

Alle oud-leerlinge van Port Natal Skool moet asseblief kennis neem dat ’n reuse saamtrek van Oud-Porties gereël word vir Saterdag 25 Augustus om 08h30. Dit is ’n inisiatief van die Oud-Portie-Vereniging en neem die vorm aan van ‘n ontbyt in ‘n reuse tent op die rugbyveld van die skool. Alle oud-Porties en hul gades en metgeselle is welkom om hierdie unieke saamtrek by te woon. Benewens die ontbyt en lekker kuier sal musiek verskaf word deur twee bekende Oud-Porties nl. Riaan Jacobs en Nux Swart. Die koste verbonde aan die ontbyt beloop R80-00 per persoon. Om deel te neem aan hierdie historiese byeenkoms moet u telefonies bespreek by enige van die volgende komiteelede:
- Esthera 0724369404
- Elmarie 0833019468
- Louis 0846309840
Gelde moet inbetaal word in die Absa-rekening van die Oud-Portie-Vereniging.
Die rekening nommer is: 9186182997 takkode 632005. Bewys van inbetaling kan gefaks word na 031-9035846 of per epos gestuur word na esthera.vw@gmail.com

Oud-Portie ontbyt

OUD PORTIE ONTBYT
Kolligfees Oud-Portie ontbyt

25 Augustus
vanaf 08:30 in die Rapporttent
Kontak
Esthera 0724369404
Elmarie 0833019468
Louis 0846309840